Lifestyle

Hoe nou gemaak met ’n pap wiel?

Die meeste Bos­veld­manne is hope­lik ver­troud met die gebruik van ’n dom­krag en sal sommer gou die­gene kan by­staan wat dalk langs die pad ’n wiel moet ruil.

Diegene wat nie hulp langs die pad kry nie, moet egter die vol­gende in­gedagte hou wanneer ’n motor opge­lig moet word om ’n wiel te ruil: Dit is belangrik om te weet waar ’n motor se dom­krag en spaar­wiel gebêre word.

Sommige motors se dom­kragte is só versteek dat dit haas on­moont­lik is om dit op te spoor, veral tydens die ver­warring en onge­mak wat er­vaar word wan­neer ’n voer­tuig langs die pad gaan staan. Hou klein kinders ook weg van die dom­krag.

Maak eerstens seker dat die motor wat gelig word nie in die pad van ander verkeer staan nie en dat die opper­vlak gelyk is. Kyk ook dat die voer­tuig gelyk en stewig gehys kan word.

Die handrem moet opge­trek en die motor in eerste rat wees. Outo­matiese voer­tuie se rathef­boom moet in die “P” posisie wees.

Bakkies en motors met ’n soliede leer­raam kan op enige deel van die raam opge­lig word, maar die meeste motors het deesdae kepies naby die wiele waar­teen die domkrag gedruk moet word. Hierdie kepies word dikwels met ’n pyltjie aan­gedui.

Die skêrtipe dom­krag wat saam met motors voor­sien word, is uitsluit­lik vir nood­ge­bruik en wanneer daar tuis op gereelde grondslag onder ’n voer­tuig inge­skuif word, is die beleg­ging in ’n stewige trollie­tipe dom­krag die moeite werd.

Onthou om altyd eers die wiel­moere effens los te maak voor­dat die motor opge­lig word en laat die motor eers sak voor­dat die moere weer behoor­lik vasge­draai word.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button