Lifestyle

Vir die eerste maal, vir die tweede maal ….

Die adrena­lien wat vloei wanneer daar met ie­mand meege­ding word vir ’n wins­kopie is ’n gevoel wat ’n mens weer en weer laat terug­gaan na nóg ’n vei­ling.

Die op­winding en ener­gie van ’n vei­ling is vir baie mense versla­wend.

Die adrena­lien wat vloei wanneer daar met ie­mand meege­ding word vir ’n wins­kopie is ’n gevoel wat ’n mens weer en weer laat terug­gaan na nóg ’n vei­ling. ’n Slegte kopie of erva­ring plaas egter gou ’n demper op die op­win­ding en kan ’n koper met die hande in die hare laat.

Die meeste voer­tuie wat op vei­lings ver­koop word, is deur die bank terug­ge­neem, maar dees­dae gebruik groot hande­laars ook vei­lings om vinnig van voer­tuie ontslae te raak.

Hoewel daar ’n wins­kopie losge­slaan kan word, moet privaat kopers liefs eers ’n paar vei­lings besoek of selfs ’n kenner saam­neem.

Daar is gewoon­lik vooraf ’n dag waarop die voer­tuie wat opge­veil gaan word, besigtig kan word. Gebruik so ’n geleent­heid om mooi te kyk wat beskik­baar is en om die voer­tuie deeg­lik na te gaan. Neem die VIN-nommer (elke voer­tuig het ’n unieke ver­vaar­digers­nom­mer) van ’n voer­tuig waarin jy belang­stel en doen navraag oor dié motor by hande­laars. Hande­laars kan byvoor­beeld die diens­rekord van ’n voer­tuig met behulp van die VIN-nommer nagaan.

Die reserwe- of mini­mum­prys is gegrond op ’n voer­tuig se inruil­waarde. Goed­koper modelle en baie ge­wilde voertuie se mini­mum­prys sal nader aan die inruil­waarde wees terwyl duur of verwaar­loosde voer­tuie se pryse tot 20% onder inruil­waarde kan wees.

Voorne­mende kopers sal by die vei­ling ’n depo­sito, gewoonlik R5 000, moet betaal om te wys dat hulle ernstige kopers is en dik­wels moet daar bewys van voor­af­finan­siering of ander beskik­bare finan­sies getoon word. As daar nie ’n voer­tuig gekoop word nie, word die deposito terug­betaal, maar as daar wel ’n sukses­volle bod was en die trans­aksie kan nie afge­handel word nie, verbeur die koper die deposito. Kommis­sie van so­veel as 5% en BTW word by die prys gevoeg en kopers moet daar­voor voor­siening maak.

Laastens moet kopers ont­hou dat afslaers nie motors kan waar­borg nie en hulle nie die beske­rming van die verbruikers­wet geniet nie.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button