Rugby World CupSport
Hie kommie Bokke!
Suid-Afrikaners staan bankvas agter die Springbokrugbyspan wat dié Saterdag 2 November om 11:00 (Suid-Afrikaanse tyd) in Jokohama in Japan teen Engeland uitdraf in die Wêreldbeker-eindstryd.
Dit is die Bokke se derde Wêreldbeker-eindstryd.
Hulle het dié titel in 1995 en 2007 verower en as hulle die Engelse Saterdag klop, sal hulle die All Blacks se Wereldbeker-rekord van drie titels ewenaar.



