CrimeNews

Ver­dag­tes suk­kel met borgtog

Die drie ver­dag­tes wat ver­bind word met die aanval op Peet Pre­to­rius, eie­naar van die bekende Peet se Pad­stal bui­te Be­la-Be­la, se aan­soek om borg­tog kan dalk te­ver­geefs wees.

Noah Mu­ri­mo (36), Eu­nice Chi­ru­vani (40) en Da­niel Man­yi­mo (30) is verlede maand deur die po­li­sie en le­de van die Heritage Protection Group (HPG) in heg­te­nis ge­neem na­dat Pre­to­rius by sy wo­ning ag­ter die pad­stal be­roof is.

Pre­to­rius is glo deur een van die ver­dag­tes on­kant in die huis be­trap, waarna hy en die ver­dag­te oor ’n vuur­wa­pen wat aan Pre­to­rius be­hoort, begin ­stoei het.

Die polisie het destyds gesê die ver­dag­te het die wa­pen by Pre­to­rius af­ge­neem en ’n skoot afge­vuur, maar niemand is getref nie.

Nog ’n vuur­wapen is die­self­de dag uit Pre­to­rius se wa­pen­kluis ge­steel, maar die po­li­sie en HPG-le­de het albei te­rug­ge­kry.

Mu­rimo was ’n tui­nier en Chi­ru­vani ’n huis­wer­ker vir Pre­to­rius en sy vrou, Het­tie.

Die ver­dag­tes ver­skyn in die hof op aan­klag­te van huis­roof en die be­sit van vermoedelik ge­steel­de eien­dom. Hul­le is ook daar­van aan­ge­kla ­dat hul­le on­wet­tig in die land is.

Die Pos verneem betroubaar dat die drie se borg­tog­aan­soe­ke nie tans toe­ge­staan kan word nie omdat hulle tot op hede geen wet­ti­ge do­ku­men­ta­sie kon in­dien nie.

Die staat staan borgtog teen.

Die saak is intussen uitgestel na Maan­dag 18 No­vem­ber, waarna die saak moontlik na die Modimolle-streekhof oorgeplaas sal word.

Mu­ri­mo, Chi­ru­va­ni en Man­yi­mo is steeds in aan­hou­ding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button