Ruben Miles, JP Johannesse, Mona Oosthuizen, Christopher Joubert (Oosthuizen se seun) en Louisa Ricco staan tereg op aanklagte van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede. Johan du Toit, wat aanvanklik saam met die ander aangekla is, het intussen ’n staatsgetuie geword.
Hy het in sy getuienis beweer dat die groep besluit het om by Venter se huis in te breek en geld uit die kluis te steel omdat hy nie geld aan Ricco wou leen nie.
Venter is dood in sy huis aangetref. Hy was vasgebind en toegerol in ’n mat. Die nadoodse ondersoek het aangedui dat hy versmoor het. Die hof het gehoor dat Du Toit en Joubert voorheen op die plaas gewerk het.
Die saak, wat deur landdros Pieter Manthata aangehoor word, is uitgestel omdat twee van die beskuldigdes se regsverteenwoordiger ongesteld was.
Al die beskuldigdes, behalwe Miles, is reeds uit op borgtog. Miles bring op Woensdag 4 Desember ’n borgaansoek in die Bela-Bela-landdroshof.



