GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Tshepang Koka rek sy lang treë om sy teenstaanders uit te stof in die 100 m-hekkies-item vir seuns o.17. Die Warries het sedert verlede jaar se atletiekseisoen baie aandag gegee aan hul baanitems.

 

Henrique Huisamen span elke spier in tydens die seuns o.19 spiesgooi-item tydens Hoërskool Warmbad se interhuisbyeenkoms. Hy is een vanjaar een van die Warries se uitblinker atlete. Die atlete slyp hul tande vir die interhoër einde Februarie in Modimolle.

 

Johan Bosch en Jannes van Zyl van Laerskool Nylstroom is gekies vir die Limpopo o.12-tennisspan. Hulle gaan van 8-13 April aan die Suid-Afrikaanse tenniskampioenskap in Bloemfontein deelneem. Johan het Limpopo se o.11-krieketspan ook die afgelope vakansie in Nelspruit verteenwoordig. Hy is kaptein van dié span.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button