BlogsOpinion

Hoofartikel: Ons mag van mekaar verskil

l van ’n hoof­artikel is om kommentaar op alle­daagse nuus­ge­beure te lewer.

Die Pos is een van min plaas­like koerante wat nog weekliks met ’n hoof­artikelblad spog.

Dit is daardie bladsy in ’n koerant waar lesers én die redak­teur, of senior lede van die redaksie­span, hul eie menings kan lug.

Lesers doen dit natuurlik deur briewe aan die redakteur te skryf wat dan in die koerant gepu­bliseer word en die redakteur of redaksiespan maak gebruik van die hoofartikelkolom (of redak­teurs­brief) om ’n mening te lug. Dit is die einste kolom wat jy besig is om te lees.

 

Foto: pixabay

 

Dit is natuurlik die enigste plek in die koerant waar ’n redaksie­lid ’n eie mening mág uit­spreek. Alle ander nuus­berigte moet objektief geskryf word en al die partye waaroor berig word, moet die geleent­heid gegun word om hul kant van die saak te stel. Indien daar oor ’n hof­saak berig word, mag daar net geskryf word oor wat tydens die saak ge­beur. Daar is geen plek vir die joer­na­lis se mening of per­soonlike senti­mente nie.

Die doel van ’n hoof­artikel is om kommentaar op alle­daagse nuus­ge­beure te lewer. En omdat dié kommentaar die redakteur se eie mening en er­varings weer­gee , is dit uit die aard van die saak sub­jektief en met emosie ingekleur. ’n Hoof­artikel wat gesonde debat by lesers uit­lok, het die toets van ’n goeie hoof­artikel ge­slaag.

Die hoof­artikel wat in Die Pos van 24 Januarie 2020 verskyn het onder die opskrif “’n Mooi woord vir ontgroe­ning” het wye reaksie uitgelok en dit is bemoe­digend dat lesers die vry­moedig­heid het om kommentaar op die koerant se hoof­artikel te lewer, en selfs hewig te ver­skil.

Solank die lesers­kommen­taar deurdag en nie beledigend is nie en in ag geneem word dat die inhoud van die hoofartikel­kolom die redakteur se eie mening mág wees, skep dit ’n geleentheid vir goeie, gesonde debat­voering.

Die tradisie van vrye, kritiese debat het ’n geskie­denis wat oor eeue strek en die Griekse filo­sowe was aan die voorpunt van gesonde debat­voe­ring.

Sokrates se wyse woorde behoort ook in die postmoderne era luid te weerklink:
I know you won’t
believe me, but the
highest form of
human excellence
is to question
oneself and others.

Related Articles

Back to top button