Local sportSport
Atleet laat kollig op plaasaanvalle val
Wian Süllwald, internasionale driekampatleet van Bela-Bela, berei tans voor vir die wêrelddriekampbyeenkoms wat in Maart in Abu Dhabi plaasvind.
Dié atleet, wat sy oog op die Olimpiese Spele-span het, laat ook internasionaal die kollig op plaasmoorde in Suid-Afrika val.
Sy ouers en familie is bekende boere in die omgewing wat dié misdaad aan eie lyf gevoel het toe hulle in 2017 in ’n traumatiese plaasaanval betrokke was waarin Süllwald beseer is.
Hy het gesê die buiteland kry nie altyd die volle prentjie van hoe plaasaanvalle die boeregemeenskap en die ekonomie skade berokken nie.



