CrimeNews

Opgeskorte vonnisse ná Modimolle-kroeggeveg

Twee mans het op­ge­skor­te von­nis­se ont­vang na­dat hul­le in 2016 vuis­te ge­swaai het in ’n kroeg in Mo­di­mol­le.

Tiaan Lot­te­ring en Pie­ter Gi­deon Ja­cobs is op Don­der­dag 6 Fe­brua­rie skul­­dig be­vind op aanklag­te van aan­ran­ding met die doel om ern­stig te be­seer na­dat hul­le met twee broers, Peet en Jacques Ober­hol­zer, in ’n vuis­ge­veg be­trok­ke was. Hul­le is nie skul­dig be­vind op ’n klag van po­ging tot moord nie.

Die hof het ge­hoor dat die twee be­skul­dig­des ’n dran­kie by ’n kuier­plek bui­te die dorp ge­drink het, toe die vuis­ge­veg uit­ge­breek het. Peet Ober­hol­zer is glo met ’n glas teen die kant van die kop ge­slaan terwyl sy broer Jacques ge­slaan is en be­wus­te­loos op die vloer ge­val het. Hy is glo teen die kop ge­skop ter­wyl hy op die grond ge­lê het.

Die hof het ge­tuie­nis aan­ge­hoor oor die erns van Jacques se be­se­rings. Hy is die vol­gen­de dag in die hos­pi­taal op­ge­neem en het ’n nood­ope­ra­sie on­der­gaan weens ske­del­breuk en trau­ma teen die kop.

Lot­te­ring is skul­dig be­vind op twee aanklag­te van aan­ran­ding met die doel om ern­stig te be­seer en Jacobs op een aanklag. Hul­le het op­ge­skor­te von­nis­se van vyf jaar op elk­een van die aanklag­te ont­vang. Albei is on­be­voeg ver­klaar om ’n vuurwa­pen te be­sit.

In sy uit­spraak het land­dros Pie­ter Man­tha­ta ge­sê hy glo nie dat hul­le moord wou pleeg nie, maar dat hul­le moes kon voor­sien dat ’n har­de hou teen iemand se kop tot hul dood kon lei.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button