’n Bakkie het glo teen ongeveer 21:00 voertuie teen die aankomende verkeer in die rigting na Thabazimbi verbygesteek. Dié optrede het tot gevolg gehad dat ’n Ford Figo met vyf insittendes vir die bakkie uitgeswaai en in die proses gerol het.
Volgens die polisie is een van die manlike insittendes op die toneel dood verklaar en die ander pasiënte is vir noodbehandeling na die plaaslike hospitaal vervoer.
Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.
Enigiemand wat inligting het, word gevra om vir AO Dana Smith te bel by tel. 083 513 3784 of vir AO André Van de Venter by tel. 083 604 1673. Hulle kan ook bereik word by die Bela-Bela-speurtak by tel. (014) 736 9713 of die polisiestasie by tel. (014) 736 9760/1.



