Hennie Ludik se besondere foto “Namakwaland” was die wenner in die senior afdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Februarie-maandvergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.