Local sportSport
Stryd van die reuse
Die jaarlikse Bosveld Interhoër is ’n hoogtepunt op atletiekliefhebbers se kalender.
Dié reusekragmeting vind op Saterdag 29 Februarie by Hoërskool Nylstroom plaas en die hekke open reeds om 05:00.
Die Nylies is vanjaar die gasheerskool vir Hoërskole Ben Viljoen, Hans Strijdom, Piet Potgieter, Frikkie Meyer, Ellisras en Warmbad.
Kry ook in dié week se uitgawe van Die Pos die pragtige 32-bladsye dik Interhoër-bylae.



