Die diens sal 24 uur per dag beskikbaar wees. Inwoners wat navrae het oor elektrisiteitskwessies kan hul vrae per e-pos of SMS rig of skakel. Hulle sal ’n verwysingsnommer ontvang waarmee hulle die vordering van hul navraag kan volg, het Marlene van Staden, burgemeester, gesê.
“Die diens is net nog ’n aspek van ons plan om ’n volhoubare en betroubare elektrisiteitsdiens vir Modimolle, Mookgophong, Vaalwater, Alma en Roedtan te vestig. Ons hoop om ook in die toekoms uit te brei sodat inwoners enige diensleweringsnavrae by die sentrum kan aanmeld,” het sy gesê.
Vir navrae kan ’n SMS gestuur word na tel. 44101 (Modimolle), 44102 (Mookgophong), 44103 (Vaalwater), 44104 (Alma) en 44105 (Roedtan). E-posse met die klagte en ’n kontaknommer kan gestuur word na enquiries@emslinganijv.co.za. Inwoners kan ook tel. (014) 050 0261 skakel.



