Local newsNews

Hulp ge­vra vir Ka­roo-boe­re

Die boe­re in die Ka­roo gaan steeds gebuk onder die knellende droogte en dié mense onder­vind daadwerklike nood om hul boer­derye aan die gang te hou.

Rooi­berg-in­wo­ner Jak­kie Na­gel en sy vriend, I­van Trigg, se har­te gaan ver­al uit na boe­re in die Fra­ser­burg-om­ge­wing, aan­ge­sien Na­gel vir ba­ie jare self daar ge­boer het. Na­gel het na die Be­la-Be­la-ge­bied ver­huis om ge­sond­heids­re­des.

Vol­gens hom word daar meest­al met ska­pe en vols­trui­se in Fra­ser­burg ge­boer. Die droogte het egter tot gevolg dat diere al gevrek het en boere moes van kern­kuddes ontslae raak omdat hul nie verder voer kon bekostig nie. Hierdie inkorting van boerdery­bedrywigheid het ’n rimpel­effek op die hele gemeenskap.

Die boere wat nog vee oor het, beleef ’n afname in aanteel­diere omdat diere nie voldoende voeding kry nie. Dit lei tot groot finansiële druk.

Boe­re se ge­sinne en hul wer­kers ervaar in dié moeilike tye dat daar soms nie genoeg kos op die tafels is nie.

Nagel en Trigg het deur die web­tuis­te Backabuddy — Back a Karoo Farmer — ’n fonds­in­sa­me­lings­pro­jek ge­stig waar die geld direk aangewend word om boe­re se re­ke­ning­e by die plaas­li­ke koö­pe­ra­sie te vereffen of om die boere se brandstofrekeninge te help delg.

Men­se wat ’n bydrae wil maak om dié boere van hulp te wees, kan vir Na­gel e-pos stuur na jakkie.nagel16@gmail.com of hom bel by tel. 073 556 9754.

Besoek gerus die web­tuis­te www.backabuddy.co.za/champion/project/ivan-trigg of die Face­book-blad Back a Karoo Farmer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button