LettersOpinion

Dankie vir koerant in Thabazimbi!

“Wow, maar dit is ’n ordent­like, dik koerant!”

Daleen Venter, Thaba­zimbi, skryf:

Ek wil graag begin deur te sê dat ek so dank­baar is dat Die Pos-koe­rant nou hul fokus hier na Thaba­zimbi uitge­brei het.

Ons het werk­lik ’n be­hoefte aan ’n ordent­like koe­rant.

Ek is beïn­druk met die gehalte van julle artikels en die verskei­den­heid nuus uit die Bosveld in die koerant.

Ek het ’n pakkie van die koer­ante by Hope-boek­winkel geneem met die idee om dit uit te deel. By die gim­nastiek­saal het ek vir twee kinders die koerant gegee met die op­drag om dit vir hul ouers te gee. My hart het warm geklop toe ek terug­kyk en sien hoe albei seuns plat op die grond gaan sit en begin om die koerant deur te blaai.

My eie seuns se reaksie toe hulle die koerant sien, was dieselfde. Hulle het albei met ’n “Wow, maar dit is ’n ordent­like, dik koerant!” (en dit was sonder die ad­vertensie­blaaie), dadelik weg­geval en begin lees.

Dit is wonder­lik om Die Pos se passie vir die gemeen­skap te sien in die manier hoe die koerant­artikels en adver­tensies uiteen­gesit is.

Related Articles

Back to top button