CrimeNews

Covid 19-slenter steek kop uit

Skurke wat die uitbraak van die dodelike Corona-virus tot hul voordeel gebruik, het talle inwoners van Limpopo, en ook ander dele van die land, in hul visier.

Volgens die polsie gee dié boewe voor dat hulle mense tuis vir die Corona-virus sal toets, maar verkry dan onregmatig toegang tot die eiendomme om ’n misdaad te pleeg.

Volgens die polisie word dié bewerings in ’n ernstige lig beskou.

Die bedrieërs doen hulself glo as verteenwoordigers van die gesondheidsdepartement, ER24, Medicross of die Netcare hospitaalgroep voor.

Derick Kganyago, woordvoerder van die departement gesondheid, het by navraag gesê die departement bied glad nie so ’n diens aan nie en dit is beslis die werk van bedrieërs.

Hy het gesê verskeie voorvalle is reeds aangemeld. Hy het benadruk die enigste manier hoe mense vir die Corona-virus getoets kan word, is om hul naaste hospitaal of dokter te besoek.

Natasha Burger, ’n verteenwoordiger van die Netcare-groep, het in ’n verklaring gesê Netcare bied ook hoegenaamd nie so ’n diens aan nie.

Inwoners word gewaarsku om nie toegang tot hul persele te gee aan mense wat voorgee om so ’n diens aan te bied nie. Inwoners moet sonder versuim die plaaslike polisiestasie of gemeenskappolisiëringsforum in kennis stel.


  • Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button