CrimeNews

Luüs te­rug by die huis

Chris Luüs (44) van Be­la-Bela is ná maande in aanhouding te­rug by sy huis in die dorp na­dat hy op Woens­dag 11 Maart borgtog van R5 000 in die Estcourt-streek­hof toegestaan is.

Luüs is in Ok­to­ber 2019 in ­heg­te­nis ge­neem na­dat hy daarvan be­skul­dig is dat hy sy vriendin, An­nel Sny­man (37) van die Loebies-gasteplaas buite Bela-Bela, vermoor het. Die paartjie was met va­kan­sie by die Cayley Mountain Resort in Win­ter­ton, Kwa­Zu­lu-Na­tal, toe sy dood is.

Daar is aanvanklik berig dat Sny­man haar­ eie lewe geneem het deur haarself ag­ter die bad­ka­mer­deur van die vakansiewoon­een­he­id op­ te ­hang. Die polisie het egter kort ná haar dood vir Luüs in hegtenis geneem en beweer hy het haar vermoor. Hy was sedert Oktober verlede jaar in aanhouding in KwaZulu-Natal.

Die hof het verlede week — ná bykans vyf maande in aanhouding — bevind dat hy nie ’n vlug­ri­si­ko is nie en wel in aanmerking kan kom vir borgtog.

Luüs, wat in terme van wetgewing nie met die media oor die detail van die saak mag praat nie, het die afgelope week aan Die Pos ge­sê hy is net bly om weer sy kin­ders en fa­mi­lie te sien. Sy familie het die afgelope maande onverpoos probeer om hom uit die tronk te kry en bly aandring op ’n reg­verdige regstelsel waar “borg­aansoek” en “verhoor” nie met mekaar verwar moet word nie.

’n Merkbaar maerder Luüs het die afgelope week aan Die Pos gesê hy het reeds weer werksaamhede by sy twee sake-ondernemings, Clear Water Pools en Stone Products, hervat. Hy het gesê kliënte kan op sy kundigheid staatmaak as dit by hul swembaddens kom.

Sy ver­hoor­da­tum is ge­ske­du­leer vir Dins­dag 23 Ju­nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button