Local sportSport

SA-byeenkoms uitgestel

“Ons hou aan om hard te oefen in die hoop dat dit wel later sal plaasvind. Ons pas ons oefenskedule aan en die pas is nie heeltemal so stewig nie.”

Atlete wat maande lank geswoeg en gesweet het met een doel voor oë is diep teleurgesteld dat die Suid-Afrikaanse skoleatletiekbyeenkoms uitgestel is weens vrese oor die verspreiding van die Corona-virus.

Die byeenkoms vir hoërskoolatlete sou in Maart plaasgevind het. Jaco Vosloo, wat ’n aantal atlete wat gekwalifiseer het, op Hoërskool Nylstroom se bane afrig, het gesê die kinders is baie teleurgesteld.

“Ons hou aan om hard te oefen in die hoop dat dit wel later sal plaasvind. Ons pas ons oefenskedule aan en die pas is nie heeltemal so stewig nie,” het hy gesê.

“Dit is veral atlete wat in hul matriekjaar is, wat baie teleurgesteld is — dit is die laaste jaar wat hulle kan deelneem.” Vosloo se seun, Martin, neem aan die 100 m vir o.17-seuns deel.

Danél Niemann, ook ’n Hoërskool Nylstroom-atleet, het ook haar teleurstelling uitgespreek. “Ek het baie uitgesien na die byeenkomste en hard daarvoor geoefen.” Danél het haar oog op ’n medalje aangesien haar afstand in gewigstoot die tweede beste in die land is. Sy het gekwalifiseer om deel te neem aan diskus en gewigstoot vir o.19-meisies.

“Dit gooi alles omver. Die atlete het die hele seisoen hard geoefen sodat hulle hul piek gedurende dié byeenkomste kan bereik. Dit is moeilik vir kragatlete.” Sy beplan om steeds net so geesdriftig te oefen. “Wie weet, miskien tel hierdie ekstra oefentyd dalk nog in my guns,” het sy gesê.


  • Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalterBeste leser,

    As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

    Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

    Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Related Articles

Back to top button