CrimeNews

Diewe buit ’n televisiestel

Die­we wat hul­self vroeg­og­gend aan ’n te­le­vi­sie­stel by ’n meu­bel­win­kel in die Modi­Mall ge­help het, is die skrik op die lyf ge­jaag na­dat ’n op-en-wakker motorwag hulle be­trap het.

Hen­nie Ahlers het aan Die Pos gesê hy was op Woens­dag­og­gend 18 Maart op ­pad uit die sentrum toe hy ’n wit pa­neel­wa voor die Lewis-meubel­winkel sien staan het. Dit was kort voor 06:00 en die sen­trum was dood­stil.

“Toe ek sien twee mans is be­sig om ’n te­le­vi­sie­stel uit te dra, het ek ge­weet hier is groot moei­lik­heid. Ek het vir hul­le ge­skree: ‘Wat maak jul­le?’ waarop hulle die voer­tuig se deu­re toe­ge­druk en in­ge­spring het. Die be­stuur­der het vir my ge­skree: ‘Ek sal jou vrek­skiet!’ en daarna weg­ge­jaag.” Hy sê die be­stuur­der het goed Afri­kaans ge­praat.

Ahlers het da­de­lik die sen­trum se vei­lig­heids­per­so­neel ge­bel, maar die pa­neel­wa was reeds op ­pad na die ag­ter­ste uit­gang.

“’n Gewapende rower het ’n ruk gelede sy wa­pen op my ge­rig toe ek hul­le pro­beer keer het en daarna is ek baie ver­sig­tig. Dié ou­ens kon sien ek is nie ge­wa­pen nie, maar ’n mens skrik baie groot,” het hy ge­sê. Die die­we het vermoedelik die ket­ting om die win­kel se voor­ste glas­deur af­ge­knip om toe­gang tot die perseel te ver­kry.

AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, het be­ves­tig dat slegs ’n te­le­vi­sie­stel ge­steel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button