Local sportSport

Drie­kamp­ster be­leef frus­tra­sie weens pan­de­mie

At­le­te van oor die wêreld beleef frustrasie nadat die Covid 19-virus verskeie lande genoop het om groot sportgeleenthede af te stel.

In ’n Olimpiese jaar is die druk nog meer, want atlete het nie die geleentheid om voor te berei of aan kwalifiserende rondes deel te neem nie.

Die O­lim­pie­se-ko­mi­tee het in ’n on­lang­se ver­kla­ring ge­sê at­le­te moet aan­hou met hul voor­be­rei­ding en daar sal finaal teen einde Mei besluit word of die Olimpiese Spele, wat vanjaar in Japan aangebied moet word, wel einde Julie voort­gaan. Groot lande soos Kanada en Australië het reeds hul spanne onttrek.

Ook op eie bodem is daar atlete wat in spanning wag. Die Pos het met plaaslike inter­nasionale drie­kamp­atleet, Wian Süllwald, van Bela-Bela gesels oor hoe die Covid-19-pandemie hom raak.

“My at­le­tie­kloop­baan, soos tal­le an­der atlete s’n, is hard ge­tref toe wed­lo­pe skie­lik ge­kan­sel­leer is,” het Süllwald ge­sê.

Hy het on­langs vars uit ’n voor­be­rei­dings­kamp saam met an­der pro­fes­sio­ne­le at­le­te ge­stap en was in die pro­ses om die vol­gen­de kwa­li­fi­se­ren­de ron­de in die Mid­de Oos­te by te woon.

“Twee da­e voordat ek op die vlieg­tuig sou klim op pad na Abu Dhabi vir die wê­reld­drie­kamp­byeen­koms, is dit ge­kan­sel­leer. Ek het plann­e aan­ge­pas en te­rug­ge­keer na Be­la-Be­la om voor te be­rei vir die vol­gen­de wed­loop, net om te hoor dat dit ook af­ge­las is. Ek was let­ter­lik weer klaar ge­pak om te vlieg. Dit is on­ge­loof­lik frus­tre­rend.”

At­le­tiek Suid-Af­ri­ka (ASA) het in­tus­sen in ’n ver­kla­ring ge­sê al­le wed­lo­pe tot ein­de A­pril is ge­kan­sel­leer. ASA het ook at­le­te aan­ge­raai om op hul eie aan te hou oe­fen.

Süll­wald het ge­sê hy is topfiks wat sy voor­be­rei­ding betref, maar dat dit moei­liker raak om ge­moti­veerd te bly nadat die ko­ro­na­vi­rus die at­le­tiek­wê­reld om­ver ge­werp het. Hy het ge­sê al die kan­sel­la­sies het ook sy sak diep geraak.

“Dit gaan vir almal vanjaar om ’n plek in die O­lim­pie­se span te kry, maar nou is ons al­mal in die duister. Dinge ver­an­der elke dag, elke kans om te kwa­li­fi­seer ver­dwyn en dit is moei­lik om el­ke og­gend ge­mo­ti­veerd te gaan oefen,” het hy ge­sê. “At­le­te se sielkundige voorbereiding word elke keer gekelder wanneer byeenkomste gekanselleer word.”

Hy probeer egter positief bly. “Ek hand­haaf my roe­ti­ne, oe­fen so hard en goed as wat ek kan. Ons al­mal hoop dat regerings wêreldwyd ’n lang­ter­myn­op­los­sing sal vind.”

“Die be­lang­rik­ste ding tans is my en my fa­mi­lie se ge­sond­heid. Daar is geen wed­loop wat die moei­te werd is om ons ge­sond­heid in ge­vaar te stel nie.”


  • Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Related Articles

Back to top button