Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi het van 15-17 Maart altesame 39 van hul akademiese toppres-
teerders van 2019 beloon met ’n toer na die Universiteit van Pretoria se hoofkampus. Die leerders kon die gevoel van studentwees ervaar. Hulle het ook besoek gebring aan die mediese kampus en Onderstepoort, waar veeartse opgelei word. Die grootste opwinding was beslis hul besoek aan Comair in Kempton Park waar die bekwame instrukteurs hulle die geleentheid gegee het om in vlugnabootsers (simulators) te klim. Die personeel wat hulle vergesel het, was Martie Boshoff (adjunkhoof), Tiaan Schmidt (departementshoof) en Anmarie Moller (onderwyser).