Leser van Die Pos, Settlers, skryf:
Ek was gister (Vrydag 3 April) vir die eerste keer van Settlers na Bela-Bela om die nodigste goed te kry.
Dit het vir my gelyk asof dit “business as usual” in die dorp is. Die mense drentel in die strate rond. Voertuie vol mense ry oral rond. Die winkels is stampvol en daar is oral lang rye mense wat wag om bedien te word.
ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT
Wat my die meeste bekommer, is dat ek nie een keer by ’n padblokkade of deur ’n wetstoepasser voorgekeer is nie. Die enigste wetstoepassers wat ek gesien het, was ’n patrolliewa wat mense opgelaai het wat by Pick n Pay gaan inkopies doen het.
Ek ry ná tien dae in selfisolasie dorp toe en gaan stel my bloot aan mense wat geen voorsorgmaatreëls eerbiedig nie en ’n dorp met geen sigbare wetstoepassing om dit af te dwing nie.
Dit maak ’n mens bekommerd.
Baie dankie aan Platinum Voere sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.




