Daar was groot konsternasie by die Bela-Bela-polisiestasie toe ’n diefstalverdagte wat daar in aanhouding is, op Woensdag 8 April probeer ontsnap het.
Inwoners wat naby die polisiestasie woon, het Die Pos laat weet van ’n groot lawaai en skote wat by die stasie afgevuur word.
Kol. Abel Phetla, stasiebevelvoerder, het by navraag gesê ’n verdagte het probeer ontsnap toe beamptes besig was om die aangehoudenes se kos te verskaf.
ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT
Die verdagte het die beamptes ontduik en bo-op die polisiestasie se dak geklouter.
Die polisie moes hom met rubberkoeëls tot inkeer dwing en het hom weer agter die tralies besorg.
Phetla het gesê die man is lig beseer tydens die voorval, maar dit was nie nodig dat hy mediese behandeling ontvang nie.
Baie dankie aan Electricon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig niep moontlik sou wees nie.



