Elna Laidlaw, via e-pos, skryf:
Daar is ’n tyd om dankie te sê en vandag wil ek dit graag via Die Pos-koerant doen.
Baie dankie aan Pieter Gunter wat stilhou, groet en vra hoe dit gaan. Die “ou tannies” voel alleen, maar jy laat ’n hart warm klop.
Dankie aan die bestuurder van die bakkie met die skerp buisligte weerskante wat elke aand stadig verby ons erwe ry en die hele wêreld verlig en ons op dié manier laat weet daar is iemand wat omgee.
ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT
Dankie aan Jacques van Toyota wat deur die palissadeheining loer, waai en vra hoe dit gaan.
Dankie juffrou Sue vir ’n kort briefie elke dag met ’n boodskap wat wys dat jy regtig omgee en nie net ’n vinnig prentjie aanstuur nie.
Baie van ons is alleen op ons werf. Die alleen word te veel. Dankie aan diegene wat omgee en groet.
Baie dankie aan Drs. Emslie en De Jonge sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig niep moontlik sou wees nie.




