Local sportSport

Groot driekampbyeenkoms ook uitgestel weens virus

Die Standard Bank 5150-driekampbyeenkoms wat op Saterdag 15 Augustus by Forever Resorts in Bela-Bela sou plaasvind, is uitgestel na aanstaande jaar.

Luidens ’n verklaring van die 5150-bestuur, word die veiligheid van die gemeenskap, toeskouers, en atlete voorop gestel terwyl die Covid-19-pandemie voortduur.

Die besluit raak die drie 5150-byeenkomste in Bela-Bela, Ekurhuleni en Nelson Mandela-baai.

Die voorlopige datums vir die byeenkoms in Bela-Bela is op Saterdag 21 Augustus 2021. Ekurhuleni se byeenkoms word beplan vir Sondag 24 Oktober 2021 en Nelson Mandela-baai s’n is na Sondag 21 November 2021 verskuif.

Atlete wat reeds geregistreer is om aan die byeenkomste deel te neem sal per e-pos van veranderings van die reëlings ingelig word.

Related Articles

Back to top button