Local newsNews

AfriForum verf padtekens by laerskool Eugène N. Marais

AfriForum se tak in Mookgophong het verlede naweek ’n selfdoenaksie geloods om die voetoorgang- en stoptekens by Laerskool Eugène N. Marais in die dorp weer duidelik te verf.

AfriForum se tak in Mookgophong het verlede naweek ’n selfdoenaksie geloods om die voetoorgang- en stoptekens by Laerskool Eugène N. Marais in die dorp weer duidelik te verf.

Dié aksie het gevolg nadat die skool AfriForum se plaaslike tak hieroor genader het.

Die tak het ’n verwer aangestel om die verfwerk te verrig en die vyf liter verf is deur ’n plaaslike onderneming geborg. Philip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, en Aubrey Frolich, ’n inwoner, het ook gehelp om te verf.

Hulle het ook 150 sakkies sement aangekoop en aan raadslid Hercules Louw oorhandig om slaggate in die dorp te laat herstel. Wynand Bekker, ’n inwoner, het die teer wat benodig is by ’n onderneming buite die dorp gaan oplaai en ook aan Louw gelewer.

Volgens Van Staden is die aksie daarop gemik om die dorp vir die Bokkieweek, wat in Julie daar plaasvind, te help opkikker. “Ons wil graag hê dat ons dorp mooi moet lyk vir die mense wat tydens die Bokkieweek kom besoek aflê. Ons beplan om, in samewerking met die plaaslike munisipaliteit, slaggate in die dorp te herstel en onduidelike padstrepe en –tekens oor te verf,” het hy gesê.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder in Limpopo, het gesê die munisipaliteit versuim sy plig om basiese dienste soos die instandhouding van paaie, strepe, en stoptekens te lewer.

“Daar waar ons kan, sal AfriForum help om die werk gedoen te kry deur self in te spring en herstelwerk te verrig. Ons werk graag saam met die plaaslike munisipaliteit om toe te sien dat die inwoners van Mookgophong veilig op die dorp se paaie kan wees,” het Grobbelaar gesê.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button