Gawie Richter, Bosveldsig, Modimolle skryf:
Wanneer ons verneem van moord en die verminking van weerlose gesinne en skuldiges word aangekeer, sien ons gereeld die hand van die Heritage Protection Group (HPG) wat saam met die polisie skuldiges aangekeer het.
Om sekerheidsredes wil ek nie enige name uitlig nie, maar ek wil noem dat een van die HPG-lede ’n moordsaak ná 22 jaar opgelos het. Hierdie lede van die polisie en HPG verdien die hoogste lof vir uitmuntende diens.
Hulle voltydse positiewe optrede is prysenswaardig, dit wek vertroue en dra by tot ons veiligheid.
Dit is hierdie mans en vroue wat opofferings maak en hul eie lewens op die spel plaas om ons te beskerm.
Hulle lewer ’n onbaatsugtige diens en verdien eervolle vermelding.
Kom ons lig die hoed en salueer hierdie helde.
For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za



