LettersOpinion

Doen iets om dorp te verbeter

Modimolle moet die volgende seisoen met beperkte watervoorraad ingaan, ondanks enkele reënbuie.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Modimolle moet die volgende seisoen met beperkte watervoorraad ingaan, ondanks enkele reënbuie.

In afwagting op koue nagte is plantegroei langs die strate steeds lowergroen.

Dan sien ons egter hoe morsjorse met opset ons dorp met vullis besoedel en besmet. Dit is asof skade met opset en haat aangerig word.

Toe Ernest Collins 152 jaar gelede ’n deel van sy plaas langs die Nylrivier aan kerke geskenk het vir ’n dorpie, was dit nie die bedoeling dat die dorp só bemors moet word nie.

Kom ons stel die voorbeeld en doen elke dag iets om ons dorp se aansien te verbeter. (Brief verkort. — Red.)


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button