Bosvelders reg vir Comrades 2018
Die Waterberg se langasems vertrek binnekort na KwaZulu-Natal vir een van die uitdagendste marathonne ter wêreld, die Comrades-marathon, wat op Sondag 10 Junie plaasvind.
Volgens inligting van die Comrades-webtuiste is die hoeveelheid atlete vir vanjaar se wedloop beperk tot 20 000.
Die atlete spring vanjaar by die stad-saal in Pietermaritzburg weg, waarna hulle binne ’n vasgestelde tyd na die Moses Mabida-stadion in Durban hardloop om uiteindelik ’n afstand van 89 km af te lê.
Die wedloop begin op die Sondag om 05:30.
Die langasems van Vaalwater wat vanjaar se Comrades aandurf, is Brad Schröder, Deine Lubbe, Sam Davidson-Phillips en Phillipa Myram.
Davidson-Phillips en Myram hardloop vanjaar met die doel om mense oor die bewaring van renosters bewus te maak, het Davidson-Phillips gesê.
Die Comrades-atlete van die Fitness for all athletic team in Modimolle is Lucas Seleka, Ezekiel Moatshe, Jane Lechekele, Mike Selamolela, Tsheletsi Selepe, Kwena Lamola, Mpho Reggy, Piet Sekgala, Granny Kekana, Rodney Malatjie, Lucas Seodisa, dr. Ledwaba Makubui Mongale en Merriam Shavote.
Seleka tree vir sy 12de Comrades aan.
Die ander atlete van Modimolle is Belinda Jacobs en haar broer Johan Joubert, asook Marietjie van der Merwe, Dewald de Waal en Magda Weideman.
Ter ere aan sy pa sal Johan sy pa, ook Johan, se groen nommer (2121) vir die wedloop dra.
Atlete kry dié permanente nommer so-dra hulle tien marathons voltooi het, het Johan gesê.
Die langasems van die Warmbad-mara-thonklub in Bela-Bela is Tjaart Oost-huizen, Minnie Oosthuizen, Tjaart Oost-huizen (jnr.), Estelle Paul, Alice Coetzer en Absalom Tshabalala.
Dié klub hou op Woensdag 30 Mei ’n koffie-aand in die dorp waar die atlete voor hul vertrek kan saamkuier en voor-berei vir die wedloop.
Atlete sal ’n stewige pas moet volhou aangesien hulle ’n sekere punt op die roete teen ’n sekere tyd moet bereik.
Die atlete moet teen 08:00 by Lion Park (die 15,6 km-merk) wees. Hulle moet Cato Ridge teen 09:50 (30,3 km) bereik, Drummond teen 11:40 (44,3 km), Wins-ton Park teen 13:30 (58 km), Pinetown teen 14:50 (69 km), Sherwood teen 16:30 (81,3 km) en dan die wenstreep teen 17:30 (89 km) haal.
* Die wedloop word regstreeks op TV uitgesaai.



