
Die Limpopo provinsiale uitvoerende komitee het vandag besluit om die munisipaliteit onder administrasie te plaas. Dit beteken dat hulle die bestuur daarvan vir ’n tydperk oorneem. Die raad sal glo nie ontbind word nie.
Marlene van Staden, burgemeester, het die besluit verwelkom.
“Sedert die nuwe raad se verkiesing in 2016, is hul vermoë om ’n toesighoudende rol oor die finansies te speel gereeld belemmer deur die onvermoë of weiering van senior amptenare om verslae aan die burgemeester, komitees en rade te verskaf,” het sy gesê.
Sy het gesê sy is vol vertroue dat die munisipaliteit ’n nuwe fase van finansiële stabiliteit, beter dienslewering en infrastruktuur binnegaan.
Hou Die Pos dop vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



