Local newsNews
DKW bring nostalgie terug
Motorgeesdriftiges in die omgewing wat nostalgies raak oor ou motors, kan gerus op Saterdag 2 Junie ’n draai by die ATKV-Klein Kariba-vakansieoord buite Bela-Bela gaan maak waar die tiende nasionale DKW-eienaarsklub van Suid-Afrika pragmotors vertoon.
DKW is die moedermaatskappy en voorloper van die bekende Audi. Die DKW-klub is in 1981 gestig.
Die klub het takke regoor die land en het ’n ledetal van ongeveer 300, vertel Ivan Meester, distriks-koördineerder van die klub in Limpopo aam Die Pos.
Die doel van die klub is om dié voertuie vir die toekoms te bewaar.
Die uitstalling begin om 09:00.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



