Marli Bredenhann, via e-pos, skryf:
Marius, vriend en rekenaarkenner, in my oë was jy altyd ’n wenner.

Daar was vir seker net een van jou met ’n dienende hart en vrolike gees.
Ek het nooit ’n kwaai kant van jou gewaar nie; dalk vir ’n sekonde, maar dan was jou glimlag weer daar.
Vertel my weer hoe ons met Bitcoins moet “myn”, want blykbaar maak ’n mens só ’n fortuin.
Of hoe jy duisende rande saam met jou vriende kan losslaan, as almal net jul belangstelling in trollies kan verstaan?
By jou het ek geleer om altyd groter te droom, te mik vir ver-betering sonder om te skroom.
As jou vriende jou gebel het, was jy altyd bereid om dadelik te help, maak nie saak hoe laat dit was nie.
En al wat jy dan as beloning wou hê as hulle aandring, was ’n koppie koffie.
Al sit ek in China, trek my hart baie swaar, want ek weet jou bakkie is nie meer in Bela-Bela nie.
Rus sag, jou tegnologie-boffin! Op aarde sal ons altyd jou lof besing.
* Marius Eysele (42), ’n rekenaarspesialis van Bela-Bela, is op Donderdag 24 Mei tussen Modimolle en Mookgophong in ’n motorongeluk oorlede.



