Local sportSport

Goeie nuus vir Modimolle se drawwers

’n Groot lekkerte wag op diegene wat daarvan hou om aktief te wees en ook dié wat graag fiks wil word.

Charmaine Riddle van Koro Creek Bosveld-gholflandgoed in Modimolle, het gesê dat hulle vir die finale goedkeuring wag om die gewilde “parkrun” weekliks op die gholfbaan se mooi kronkelpaaie aan te bied.

Parkrun is ’n 5 km-pretdraf wat gratis in honderde parke wêreldwyd aangebied word. Dit vind gewoonlik in rustige parkomgewings plaas. Mense van alle fiksheidsvlakke neem deel en kies of hulle wil stap of draf. Dit is ’n ideale gesinsaktiwiteit.

Hou Die Pos dop vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button