Local newsNews
Vadersdag: Bak dié koek vir pa
Susan Verster en haar dogter Charné is in Vaalwater bekend vir hul gebak en daarom het Die Pos vir Verster gevra om haar gewilde sjokoladekoekresep met Die Pos se lesers gedeel.
Haar man, André (59), se verjaarsdag gaan nie verby sonder ’n gebak en brou van die vroue in sy huis nie. “Ons hoop hy kan nog eendag sy 100ste verjaardag vier,” het Susan laggend aan Die Pos gesê.
Dié sjokoladekoekresep is perfek vir die geleentheid om pa’s hierdie Vadersdag te bederf:
Sjokoladekoek vir pa
Bestanddele:
- 2 koppies suiker
- 6 eiers
- 1 teelepel vanielje
- ’n knippie sout
- 2 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 4 eetlepels hoogvol kakao
- 1 eetlepel koffiepoeier
- 1 ¼ koppie warm water
- 6 eetlepels olie
Metode:
1. Klits die eiers en die suiker tot romerig.
2. Gooi vanielje en sout by.
3. Gooi meel by en meng goed.
4. Gooi bakpoeier oor mengsel, maar moenie meng nie.
5. Meng kakao, koffie, warm water en olie.
6. Gooi dit bo-op bakpoeier en laat dit bruis.
7. Meng en gooi in gesmeerde koekpanne.
8. Bak vir 25-30 minute teen 180°C.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



