Negester Klein-Kariba – die Bosveld op sy beste
NEGESTER KLEIN-KARIBA, MET SY PRAGTIGE BOSVELD-FAUNA EN -FLORA, LÊ IN DIE WATERBERG-BIOSFEER WAT OOK ’N UNESCO-ERFENISGEBIED IS.

Dié beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed vir vyftigplussers, grens aan die ATKV-Klein-Kariba- Vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë, net ‘n uur se ry van Pretoria af.
Die Bela-Bela- en Waterberg-omgewing beskik oor ‘n heerlike somerreënvalklimaat, goeie winkels, ‘n privaat hospitaal, topklas gholfbane en ‘n verskeidenheid natuurreservate.

’N SIMFONIE VIR DIE SINTUIE
By Negester Klein-Kariba is die ontwerpstyl van die geboue ‘n kontemporêre interpretasie van historiese Laeveldse plaasargitektuur en dit pas mooi in by die omgewing en landboukonteks. Die geboue is ontwerp om ‘n lae visuele en fisieke impak op die Bosveldbioom te hê. Dié leefstyl-landgoed beslaan ongeveer 83 ha, met volop oop ruimtes met staproetes en ‘n ryk dierelewe soos njalas, rooibokke, talle voëlspesies en meer.


Bykans 185 van die voltitel- en deeltitel-eiendomme is reeds verkoop en 271 erwe is ten volle gediens. Pryse van die voltitelerwe begin by R454 500 en huisgroottes wissel van ongeveer 104 m² tot 250 m². Ingesluit by die prys van die erf, is goedgekeurde huisplanne, argitekfooie en oordragkostes. Deeltitel-duette word ook aan die oordeelkundige koper en belegger aangebied.
Pryse van dueteenhede met standaardafwerkings begin by R902 900. ‘n Wooneenheid is 77 m² groot (hierby ingesluit is ‘n stoepie van 9 m² en ‘n motorafdak van 18 m² ). Hierdie eenhede is gerieflik in die leefstyl-landgoed geleë, naby die mediesesorgsentrum, hoofingang en beoogde klubhuis wat ’n veeldoelige saal, biblioteek, haarsalon, asook ‘n sitkamer met dameskroeg gaan insluit. ‘n Aktiewe leefstyl word aangemoedig met die beskikbaarheid van net die beste sportgeriewe. Dié geriewe sluit onder meer in tennisbane, ‘n swembad en ’n minigholfbaan.
ATKV AS GEMOEDSRUS-ONTWIKKELINGSVENNNOOT
Die ATKV-direksie het ongeveer sewe jaar gelede ‘n diversifikasiestrategie aanvaar om onder meer betrokke te raak by die ontwikkeling van leefstylbehuising vir die vyftigplusser-groep. Volgens Schalk Cilliers, ATKV-sake se besturende direkteur, was dit ATKV se strategie om ‘n voetspoor van beveiligde leefstylbehuising in Suid-Afrika te vestig. Negester Klein-Kariba en Negester Onrusrivier was die begin van die uitvoering van hierdie strategie.

’N TOEVLUGSOORD VIR SAGTESORG
Negester Klein-Kariba spog met ’n moderne mediesesorgsentrum wat uit vier verswaktesorgeenhede (wat 12 beddens kan akkommodeer) bestaan. Tuisversorging word as ‘n standaardopsie deur Medwell-mediesesorgdiensverskaffer aangebied. Medwell spesialiseer in raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste.
Hulle het ook ‘n praktyknommer om in sekere gevalle kostes van mediese fondse namens inwoners te verhaal. “Dit is ook ons oogmerk om tuisversorging by elke Negester as ‘n standaarddiens aan te bied, asook om moderne en goedtoegeruste sorgsentrums te bou wat aan inwoners se mediese behoeftes kan voldoen en sodoende verdere gemoedsrus te verseker,” sê Cilliers.

SKYN HELDER!
Die bekende skrywer en digter DJ Opperman se gedig Negester en stedelig, het gedien as inspirasie vir die ontwikkeling van die Negester-handelsmerk en slagspreuk, Skyn helder. Die Negester-visie het ook hierop voortgebou, naamlik die ontwikkeling en bestuur van volhoubare, beveiligde en gewaardeerde leefstyllandgoedere, waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep gekoester kan word.
Vir eiendomsnavrae, besoek Negester Klein-Kariba se webtuiste by www.negester.co.za/klein-kariba, of stuur ‘n e-pos na info@negester.co.za of skakel hulle by tel. (014) 736 2388.



