Lifestyle

Negester Klein-Kariba – die Bosveld op sy beste

NEGESTER KLEIN-KARIBA, MET SY PRAGTIGE BOSVELD-FAUNA EN -FLORA, LÊ IN DIE WATERBERG-BIOSFEER WAT OOK ’N UNESCO-ERFENISGEBIED IS.

 

 

Dié beveilig­de en vol­hou­bare leef­styl-land­goed vir vyf­tigplus­sers, grens aan die ATKV-Klein-Kariba- Vakan­sieoord en is naby Bela-Bela (Warm­bad) geleë, net ‘n uur se ry van Pre­toria af.

Die Bela-Bela- en Waterberg-om­gewing beskik oor ‘n heer­like somer­reën­val­klimaat, goeie win­kels, ‘n priva­at hos­pitaal, top­klas gholf­bane en ‘n ver­skeiden­heid natuur­re­servate.

 

 

’N SIMFONIE VIR DIE SINTUIE
By Negester Klein-Kariba is die ont­werp­styl van die geboue ‘n kon­temporê­re inter­pre­ta­sie van histo­riese Lae­veldse plaas­argitek­tuur en dit pas mooi in by die om­ge­wing en land­bou­kon­teks. Die geboue is ontwerp om ‘n lae visuele en fisieke im­pak op die Bos­veld­bioom te hê. Dié leef­styl-landgoed beslaan onge­veer 83 ha, met volop oop ruimtes met stap­roe­tes en ‘n ryk diere­lewe soos nja­las, rooi­bok­ke, talle voël­spe­sies en meer.

 

 

 

Bykans 185 van die vol­titel- en deel­titel-eien­domme is reeds verkoop en 271 erwe is ten volle ge­diens. Pryse van die vol­titel­erwe begin by R454 500 en huis­groottes wis­sel van ongeveer 104 m² tot 250 m². Inge­sluit by die prys van die erf, is goed­ge­keur­de huis­planne, argitek­fooie en oor­drag­kostes. Deel­titel-duette word ook aan die oor­deelkundige kop­er ­en beleg­ger aan­gebied.

Pryse van dueteen­hede met stan­daard­afwer­kings begin by R902 900. ‘n Woon­een­heid is 77 m² groot (hierby inge­sluit is ‘n stoepie van 9 m² en ‘n motorafdak van 18 m² ). Hierdie eenhede is gerieflik in die leefstyl-land­goed geleë, naby die mediese­sorg­sen­trum, hoof­ingang en beoogde klub­huis wat ’n veel­doelige saal, biblio­teek, haar­salon, asook ‘n sit­kamer met dames­kroeg gaan in­sluit. ‘n Aktiewe leef­styl word aan­ge­moedig met die beskik­baar­heid van net die beste sport­geriewe. Dié geriewe sluit onder meer in tennis­bane, ‘n swem­bad en ’n minigholf­baan.

ATKV AS GEMOEDSRUS-ONTWIKKELINGSVENNNOOT
Die ATKV-di­rek­sie het onge­veer sewe jaar gelede ‘n diver­sifika­sie­stra­te­gie aanvaar om onder meer betrokke te raak by die ont­wik­keling van leef­styl­be­hui­sing vir die vyf­tigplus­ser-groep. Vol­gens Schalk Cilliers, ATKV-sake se bestu­ren­de di­rek­teur, was dit ATKV se stra­te­gie om ‘n voet­spoor van bevei­ligde leef­stylbe­hui­sing in Suid-Afrika te ves­tig. Negester Klein-Kariba en Negester Onrus­­ri­vier was die begin van die uit­voering van hierdie strategie.

 

 

’N TOEVLUGSOORD VIR SAGTESORG
Negester Klein-Kariba spog met ’n moder­ne medie­se­sorg­sen­trum wat uit vier ver­swakte­sorg­een­hede (wat 12 beddens kan ak­kom­modeer) be­staan. Tuis­ver­sor­ging word as ‘n standaard­opsie deur Medwell-medie­sesorg­diens­ver­skaf­fer aan­ge­bied. Medwell spesia­liseer in raak­vat en gewaar­deer­de gemeen­skaps-, mediese onder­steunings- en verplegings­dien­ste.

Hulle het ook ‘n prak­tyk­nom­mer om in sekere gevalle kos­tes van me­diese fondse na­mens in­wo­ners te ver­haal. “Dit is ook ons oog­merk om tuis­ver­sor­ging by elke Negester as ‘n stan­daard­diens aan te bied, asook om mo­der­ne en goed­toegerus­te sorg­sen­trums te bou wat aan in­woners se mediese behoeftes kan voldoen en sodoende ver­dere gemoeds­rus te verseker,” sê Cilliers.

 

 

SKYN HELDER!
Die bekende skry­wer en digter DJ Op­per­man se gedig Nege­ster en ste­delig, het gedien as inspi­ra­sie vir die ont­wik­keling van die Nege­ster-han­dels­merk en slag­spreuk, Skyn hel­der. Die Negester-visie het ook hierop voort­ge­bou, naamlik die ont­wikke­ling en be­stuur van vol­hou­bare, bevei­ligde en gewaar­deer­de leef­stylland­goedere, waar die totale mens­wees van die vyftig­plusser-groep ge­koes­ter kan word.


Vir eiendoms­na­vrae, besoek Negester Klein-Kariba se web­tuiste by www.negester.co.za/klein-kariba, of stuur ‘n e-pos na info@negester.co.za of ska­kel hulle by tel. (014) 736 2388.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button