PROMOSIE: Gehoorgesondheid is belangrik
Wanneer gehoorverlies teenwoordig is, hou gehoorapparate dus jou brein fiks.

Wanneer dit by gesondheid kom, staan goeie gehoor dikwels agter in die ry.
Gehoorgesondheid is egter volgens Matthysen Oudiologie baie belangrik en goeie gehoor sal selfs op ’n hoë ouderdom bydra tot ’n sinvolle lewe.

Dié oudioloë lewer al vir die afgelope tien jaar gehoordienste in die Waterberg-distrik.
Die onderneming het permanente spreekkamers in Modimolle, en lewer ook dienste aan inwoners van Vaalwater, Bela-Bela en Mookgophong. Hulle streef daarna om professionele, dog persoonlike aandag, aan al hul pasiënte te lewer.
Gehoorsorg is vir dié oudioloë net so belangrik soos ’n persoon se algehele gesondheid. Volgens Matthysen Oudioloë het navorsing onder meer getoon dat ouer volwassenes met gehoorverlies drie keer meer geneig is om te val as mense met goeie gehoor. Mense met matige gehoorverlies se lewensverwagting is ook korter as diegene wat goeie gehoor geniet.
Die navorsing het verder getoon dat persone wat 70 jaar en ouer is en gehoorverlies ervaar, se kognitiewe vermoëns 30 tot 40% vinniger agteruitgaan in vergelyking met hul portuurgroep sonder gehoorverlies. Volwassenes met onbehandelde gehoorverlies is ook meer geneig tot deperessie, angstigheid en paranoia as hul portuurgroep wat gehoorapparate gebruik.
Volwassenes met onbehandelde ernstige gehoorverlies is vyf keer meer geneig om demensie te ontwikkel en daar is ook ’n beduidende verwantskap tussen hoë bloeddruk en onbehandelde gehoorverlies.
’n Mens hoor met jou brein, en nie jou ore nie. Wanneer gehoorverlies teenwoordig is, hou gehoorapparate dus jou brein fiks. Dit maak dit makliker om aan sosiale aktiwiteite en interaksies deel te neem, wat die brein stimuleer en kognitiewe agteruitgang beperk.
Beleef beter gehoor vandag. Bel Matthysen Oudiologie by tel. (014) 717 1139.
Facebook: Matthysen Audiology




