Lifestyle

Tree af by Koro Ridge

Daar is min plekke in Suid-Afrika waar ’n mens soveel rustig­heid en gemoeds­rus beleef as in die Bos­veld.

Dit is juis waarom Koro Ridge in Modimolle die ideale aftree­plek kan wees vir mense wat rustig­heid soek, maar ook nie kilometers van die naaste fasi­liteite wil wees nie.

Koro Ridge is binne die bekende Koro Creek-gholf­land­goed aan die soom van Modimolle geleë.

 

Al die fasiliteite wat dus vir die eie­naars van dié land­goed beskik­baar is, is ook tot die beskik­king van Koro Ridge se eie­naars. Dit sluit onder meer in die gholf­baan en al die klub­huis se geriewe, tennis­bane, asook fiets- en stap­roetes. Daar is ook verskeie ak­tiwitei­te en klubs waarby in­wo­ners kan aan­sluit.

 

Die sekuri­teit by dié landgoed geniet voor­rang en word behartig deur ’n pro­fes­sio­nele seku­riteits­on­der­ne­ming wat 24/7 verseker dat inwo­ners veilig is.

 

 

Die skema word volgens die deel­titel­wet­ge­wing ont­wik­kel wat be­te­ken dat elke eienaar kaart en tran­sport ver­kry. Ingevolge dié wet­ge­wing moet die ont­wik­ke­laars elke een­heid ten volle fi­nan­sier voor­dat oordrag aan die ko­per kan geskied. Die ontwikke­laars is bekende en ge­respek­teerde inwo­ners van Koro Creek.

Elke koper kan self, bin­ne perke, die volgende bepaal: die binne-uitleg, teëls, kleur van die binne­mure, asook ander klein ont­werp­elemen­te.

Daar is ’n skou­huis wat aan voor­nemende kopers getoon kan word.

Omdat die ont­wikke­laars self verant­woordelik­heid aan­vaar vir die kwa­li­teit van die bou­werk, is daar besluit om van die bekende bouer, Piet de Beer, se dien­ste gebruik te maak.

Die ont­wik­kelaars het voor­sie­ning ge­maak vir basiese kli­niek­dien­ste wat teen ’n maan­de­likse fooi beskikbaar is. Vir hierdie doel is daar ’n gebou op­ge­rig waarin ’n privaat me­diese dok­ter ge­kon­sul­teer kan word.

’n Ge­kwali­fi­seerde ver­pleeg­kun­dige lewer verder vyf dae per week ba­siese kliniek­dienste soos byvoorbeeld wond­versorging, bloed­druk, neem van bloed­mon­sters enso­voorts. Soos en wanneer ’n in­woner tuis­ver­sor­ging benodig, kan die ver­pleeg­kun­dige dienste reël wat teen ’n ooreen­ge­kome fooi beskik­baar gestel kan word.


Mense wat belangstel in Koro Ridge se aftree-kon­sep kan Kobus Dissel by tel. 082 773 0794 of Chris Beyers by tel. 082 809 0163 skakel. Besoek ook gerus Koro Ridge se web­tuiste by www.kororidge.co.za(.)

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button