Swemmers van Bela-Bela sal nog ’n paar weke moet wag voordat hulle weer Hoërskool Warmbad se swembad kan gebruik. Volgens inligting van die skool sal die herstel van ’n lekplek, wat ’n ruk gelede ontstaan het, nog ongeveer vier weke duur. Dit sal die werkers kans gee om klaar te teël, die swembad weer vol te tap en om die temperatuur en die PH-vlak van die swembad na te gaan. Mense wat graag tot die projek wil bydra, kan vir Amelia Daling bel by tel. 082 567 9963.