Local newsNews

Lugvaart in sy volle glorie by vliegdag

Die Taildragger Fly Inn is die grootste in sy soort in die suidelike halfrond.

Meer as 100 vliegtuie het in Modimolle neergestryk tydens die gewilde Taildragger Fly Inn wat jaarliks deur die Nylstroom-vliegklub aangebied word.

Inwoners het hulle op Saterdag 14 Julie vergaap aan die verskillende vliegtuie wat op die Nylstroom-vliegveld geland en opgestyg het. Hierdie byeenkoms is die grootste in sy soort in die suidelike halfrond met gemiddeld 150 tot 200 vliegtuie wat van regoor die land invlieg.

Gure weer in Gauteng het vanjaar se hoeveelheid vliegtuie effens verminder, maar dit het geen verskil gemaak aan die groot kuier wat die naweek gevolg het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button