Drie van Hoërskool Nylstroom se tennisspanne het op Woensdag 18 Julie in die Limpopo-tennisfinaal in Polokwane teen die spanne van Hoërskool Pietersburg gespeel.
Die eerste meisiestennisspan van Hoërskool Nylstroom is ná die Limpopo-finaal teen Hoërskool Pietersburg as naaswenners gekroon. Die span bestaan uit Jowine Bezuidenhout, Anika Holtzhausen, Petunia Sepato en Danelle van der Merwe.
Die Nylies se eerste meisiespan, tweede meisiespan en derde seunspan het almal as Limpopo-naaswenners uit die stryd getree. Foto’s: Herman Steyn
Elne Joubert, Magdelyn van Heerden, Miko Keulder en Charmone Seegers is die Nylies se tweede meisies-tennisspan. Hulle was die naaswenners.Hierdie is die Nylies se derde seunspan wat as Limpopo-naaswenners gekroon is. Hulle is Loftie Fourie, MJ Nunes, Stefan Fourie en Rudolf Coetzer.