
Die kapitale projek van die Bela-Bela-munisipaliteit om die brug in Milestraat by die ingang na die Bela-Bela township wyer te maak, sal binne die volgende twee weke begin. Motorryers en voetgangers sal van alternatiewe roetes na die township gebruik moet maak.
Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, het gesê die munisipaliteit wag vir die Limpopo-padagentskap om ’n alternatiewe roete op die R101 na die township gereed te kry sodra die projek begin.
Die munisipaliteit sal dan volledige inligting oor die alternatiewe roetes bekendmaak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



