Local newsNews

Hierdie superhelde ondersteun Kansa

Die Bela-Bela Relay for Life (wat ook as die “Purple Drive” bekendstaan) se tema vir 2018 is “Super Hero’s”.

Die somer is om die draai en lesers wat graag daardie paar ekstra winterkilogramme wil afskud, kan sommer begin deur in September deel te neem aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se jaarlikse Relay for Life.

Stappers, drawwers en fietsryers sal tydens dié groot fondsinsamelingsgeleentheid op Saterdag 8 September by ATKV Klein-Kariba-vakansieoord kilojoules verbrand terwyl hulle bewusmaking vir Kansa ondersteun.

Hierdie is egter nie net ’n fondsinsamelingsprojek nie, maar bring mense byeen deur onder meer hulde te bring aan mense wat kanker oorwin het en diegene wat die stryd verloor het.

Sakeondernemings, skole, sportklubs en individue word genooi om spanne van 10 deelnemers in te skryf wat teen mekaar meeding deur rondtes om ’n baan te stap of te draf. Vanjaar is daar ook ’n trapmarathon (spinning) waar deelnemers hul staal op ’n staanfiets kan wys.

Ondernemings wat deelneem aan die Relay for Life dra ’n positiewe gesindheid uit deur die volgende boodskappe aan die gemeenskap te stuur:

  • Deur hulself te bemark as ’n onderneming wat die welstand van hul gemeenskap op die hart dra.
  • Deur hul ondersteuning te wys aan mense wat kanker oorwin het, veral as daar ’n personeellid is wat al die kankerpad gestap het.
  • Dit bied die ideale geleentheid vir werkgewers om hul personeel bewus te maak van gesonde lewensgewoontes wat die risiko vir kanker verminder.
  • Dit is die ideale geleentheid vir spanbou.

Die Bela-Bela Relay for Life (wat ook as die “Purple Drive” bekendstaan) se tema vir 2018 is “Super Hero’s”. Spanne wat deelneem, word aangemoedig om volgens dié tema aan te trek en hulle spanstalletjies te versier.

Die aflos begin die Saterdagmiddag om 16:00 en eindig om middernag.

Om in te skryf vir Relay for Life bel vir Bianca Nortjé by tel. 072 442 9900 of Jo-Anne Wolmarans by tel. 074 149 2217 of stuur ’n e-pos aan avheerden@
cansa.org.za(.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button