Local newsNews
Sonskyndorper sterf ná spinnekopbyt
Tinus le Roux (35) van Bela-Bela is op Dinsdagaand 7 Augustus in die Polokwane Provinsiale Hospitaal oorlede ná ’n lang siekbed nadat komplikasies weens ’n spinnekopbyt aan sy been ingetree het.

Tinus is die seun van Tienie en Ansie le Roux van Bela-Bela en sy swaer, Willie Nel, Die Pos se uitlegkunstenaar in die Bela-Bela-kantoor.
Hy laat ook sy twee sussies, Dina Enslin en Makkie Nel, sy swaer Jimmy Enslin, asook sy seuntjie, Nathan Heath (8), agter.
Teen druktyd vandeesweek was daar nog geen begrafnisreëlings getref nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



