Local newsNews

Somer is hier!

Bosvelders het die afgelope paar weke die truie en serpe begin wegpak tydens ’n ongekende vroeë lente.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is die winter inderdaad op sy laaste bene en kan inwoners maar solank hul swembaddens begin blou kry.

Bewolkte weer met verspreide reënbuie word vir Saterdag 18 Augustus in die omgewing verwag.

Temperature sal vanaf Sondag 19 Augustus geleidelik warmer word. Bela-Bela-swemmers was egter bykans die hele winter gestrand met dié dat die plaaslike hoërskool se swembad dolleeg is terwyl dit herstel word. Paul Liddle, skoolhoof van Hoërskool Warmbad, het dié week gesê swemmers moet nog so twee weke lank moed hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button