GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Die lente is hier!
Laerskool Tuinplaas se leerders het die koms van lente op Vrydag 7 September gevier deur kreatiewe hoede te maak en het ook ’n avokadopeerboom geplant vir boomplantdag. Hier staan die leerders met hul hoede.

 

Bosveldspruitjies Kleuterskool in Bela-Bela se kleuters het op Vrydag 7 September soos superhelde aangetrek vir Loslitdag. Loslitdag vind elke jaar op die eerste Vrydag van September plaas en die tema was vanjaar “Be an everyday hero with persons with disabilities”.

 

Onderwysers is superhelde in gewone klere en die onderwysers van Bosveldspruitjies Kleuterskool in Bela-Bela het op Vrydag 7 September hul gewone superheldklere vir pienk maskers en mantels verruil tydens Loslitdag.

 

Leerders van die Warries-kunssentrum in Bela-Bela het tussen Donderdag 9 Augustus en Donderdag 6 September hul kreatiewe kunswerke in die Staatsteater in Pretoria uitgestal. Die kunswerke is daarna van 7-9 September by PNA in die Bosveld Mall uitgestal en het baie aandag getrek. Op die foto is Yolande Gerber van die kunssentrum met die kunswerke.

 

Eenheid Primary School in Modimolle is proud of their junior phase learners who participated in the ATKV Art Festival that was held on Tuesday 21 August in Bela-Bela. They did their very best in the poetry section and all received A and A+ certificates. With them is one of the educators, Estelle Koelewyn.

 

These senior learners from Eenheid Primary School in Modimolle participated in the ATKV Art Festival that was held on Tuesday 21 August in Bela-Bela. They participated in the poetry section and were coached by educators Lorette Fouché (left) and Christelle Viljoen.

 

Laerskool Vaalwater het op Maandag 20 Augustus hul opedag gehou. Hier staan Chantal Robbertse, onderwyser, by van die leerders wat aanstaande jaar gr. R toe gaan.

 

Die Nederduitse Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) het op Dinsdag 21 Augustus, in samewerking met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, Bybels en Bybelstorieboeke aan die gr. 1- en gr. 7-leerders van Laerskool Vaalwater oorhandig. Ds. Tiaan Loedolf van die NHKA in Vaalwater het die oorhandiging behartig. Agter die leerders staan Leonard Vorster, skoolhoof, Rea du Preez, gr. 1-onderwyser, en Loedolf.

 

Laerskool Vaalwater het op Woensdag 29 Augustus afskeid geneem van Gwedu Xabiso (Nondi) wat vanaf 4 September 2017 tot 29 Augustus as sekretaresse by die skool gewerk het. Leonard Vorster, skoolhoof, het Xabiso bebank vir haar harde werk en bystand aan die laerskool. Xabiso is van die Oos-Kaap afkomstig en het aan Die Pos gesê sy gaan terugkeer daarheen en weer by haar ma woon.

 

Anneline Schmidt, ’n onderwyser by Susan Strijdomskool in Modimolle, is die distrikswenner van die Onderwyser van die Jaar-kompetisie vir leerders met spesiale onderwysbehoeftesskole (LSEN-skole). Sy dring deur na die finale ronde vir Limpopo. Sy neem op Vrydag 21 September ook deel aan die provinsiale ronde in Polokwane.  Schmidt bied Afrikaans, welstand en wiskunde aan vir leerders van 14-18 jaar.

 

Die ATKV Waterberg-kunstefees het verlede week feestelik in Bela-Bela verloop. Voor op die foto is leerders aan die Hoërskool Warmbad-musieksentrum Melienke Vermaak, Roelof Buys, Marli Groenewald en Pieter Grobler met hulle toekennings. Saam met hulle is Neels Boonzaaier (beoordelaar). Talle leerders van verskillende skole het aan die instrumentale afdeling tydens die kunstefees deelgeneem.

 

Khloè Potgieter, ’n gr. 1-leerder aan die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong, het aan die Podiumpret-redenaars in die Paarl deelgeneem. Sy het ’n goue balkie verower en was ook die jongste deelnemer van die kompetisie. As nasionale graadwenner in gr. 1 is haar naam op ’n plaatjie by die Taalmonument aangebring. Sy het verder vir elkeen van haar klasmaats ’n boek ontvang. Hier oorhandig sy die boeke aan Douw Mellet, skoolhoof.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button