Els is Vrydagoggend 20 Julie in hegtenis geneem nadat ’n klaer ’n saak by die Modimolle-polisie geopen het. Die klaer beweer dat sy R10 000 in Els se rekening betaal het vir ’n wildbewaringskursus wat Els sou aanbied wat nooit plaasgevind het nie, het AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, vroeër gesê.
Els is tydens haar verskyning op Vrydag 14 September ondersteun deur haar pa, Anton Els. Haar regsverteenwoordiger, adv. Francois Kriel, het aan die hof gesê hy het die dossier eers daardie oggend ontvang en het gevra vir uitstel.
Landdros Mmatlhapi Tseole het Els se borgtog verleng en die saak uitgestel tot Vrydag 19 Oktober wanneer die verdediging vertoë sal rig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



