Die Pos: Taalversorger gesoek

TAALVERSORGER GESOEK

DIE POS-KOERANT BESKIK OOR ’N VAKANTE POS VIR ’N

TAALVERSORGER
by ons kantoor op Bela-Bela

(Maandae tot Woensdae, 8:00 tot 17:00)

Die taalversorger neem die rou kopie van verslaggewers onder oë en verander, waar nodig, in die koerant se skryfstyl voordat dit na die redakteur vir finale goedkeuring gestuur word. Die ideale kandidaat moet oor die volgende vaardighede beskik:

  • Na-skoolse kwalifikasie en/of ondervinding in tale of ondervinding in joernalistiek en/of ondervinding in subwerk is ’n voorvereiste.
  • Ten volle tweetalig (Afrikaans en Engels), maar uitstekende vaardigheid in Afrikaans is ’n voorvereiste.
  • Rekenaarvaardig en oor goeie kennis van die sosiale media beskik.
  • Moet vinnig en akkuraat kan tik.
  • Selfgemotiveerd wees en onder druk kan werk.

Die geskikte kandidaat moet bereid wees om opleiding te ondergaan en die aanstelling geskied op ’n proeftydperk. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Die salarispakket sal tydens ’n moontlike onderhoud bespreek word.

E-pos jou CV na die redakteur: dieposnuus@icon.co.za.
Aansoeke sluit op Vrydagmiddag, 19 Oktober 2018, om 16:00.
GEEN telefoniese gesprekke oor die vakante pos word toegelaat nie.
Indien aansoekers nog nie op Vrydag, 26 Oktober, terugvoering ontvang het nie, was die aansoek onsuksesvol.

Back to top button