Hennie Ludik se foto “Olifantfamilie” het die vier- en vyfsterafdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Julie-byeenkoms gewen. Die Warmbad-fotografieklub vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die AP-kerksaal op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan. Vir meer inligting bel vir Lucille Swart by tel. 076 349 2554 of vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.
Jacholeen Kruger het die foto “The Middle” geneem, wat aangewys is as een van die kategoriewenners tydens die Bosveld-fotografieklub se Julie-byeenkoms. Die klub kom een keer ’n maand bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.
Michelle Rootman se foto “Ek wip my” het tydens die Warmbad-fotografieklub se September-byeenkoms ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen. Die Warmbad-fotografieklub vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die AP-kerksaal op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan.