Local sportSport

Jong Waterberg-ruiter wen kampioenskap

Die Waterberg-uithouritklub was vanjaar die gasheer vir die jaarlikse Limpopo-uithouritkampioenskap.

Die tweedagrit is op 5 en 6 Oktober aangebied. Altesame 120 perde en ruiters het die son en sand trotseer oor afstande van 40 km, 60 km en 80 km.

Die rit op Vrydag 5 Oktober het reeds om 06:30 weggespring en sommer vroeg al was dit duidelik dat Schalk van der Merwe op Deo Gratias Roi en Lize Stapelberg op Deo Gratias Yadviqa die ander ruiters en perde in die stof gaan laat byt. Albei die ruiters is lede van die Waterberg-uithouritklub. Schalk het die standaardgewigafdeling gewen en Lize die kinderafdeling.

Die ander ruiters wat deelgeneem het, is Lizette Enslin op Deo Gratias Fantasie (80 km), Marietjie van der Merwe op Nazee (80 km), Jennica Olivier op Deo Gratias Halifi (60 km), Mikayla Botes op Deo Gratias Piper (40 km), Jani Stapelberg op Whisper (40 km), Mizelle Groenewald op Deo Gratias Duncan (40 km), LJ Groenewald op Deo Gratias Vanilha (40 km), Hein Pretorius op Deo Gratias Rosali (40 km), Jeandré Ahlers op Deo Gratias Justice (40 km), Cecile Kruger op Deo Gratias Sharia (40 km) en Yelana Benade op Misty (40 km). Die amptelike Limpopo-kampioenskap is op Saterdag 6 Oktober gehou. Die ruiters het reeds Vrydagmiddag hul perde by die veeartse gehad vir voorondersoeke.

Die eerste ruiters het om 05:30 vertrek en daarna het die groepe in 15 minuut-intervalle gevolg. Die Waterberg-uithouritklub was goed verteenwoordig.

Sakkie Olivier van die Capricorn-uithouritklub was die ritmeester en het gesorg dat al die reëls nagekom word om perd en ruiter te beskerm.

Die ruiters wat die 40 km voltooi het, is LW Smal op Ice, Wiets Botes op Charlie, Zanel van Staden op Misty, Jani Stapelberg op Deo Gratias Ounooi, Wihan Janse van Vuuren op Whisper, Rochelle Ruthven op Deo Gratias Vanilha, Skyelar Ruthven op Deo Gratias Rosali en Jeandre Ahlers op Deo Gratias Justice.

Die ruiters wat die 80 km voltooi het, is Cecile Kruger op Jair El Leila, Anche Palm op Madison, Anika Swart op Arkab Frieda, Lizette Enslin op Deo Gratias Carabi, Marietjie van der Merwe op Deo Gratias Zeena en Lize Stapelberg op Deo Gratias Yadviqa. Lize was ook die Limpopo-kampioen in die kinderafdeling.

“Die Waterberg-uithouritklub is baie trots op die uitslae omdat dit ons mikpunt is om die sport onder kinders te bevorder,” het Marietjie van der Merwe, organiseerder van die klub, gesê.

Related Articles

Back to top button