Local sportSport

Vaalwater Leg-A-Thon propvol lekker aktiwiteite

Laerskool Vaalwater het op Saterdag 13 Oktober die Vaalwater-Leg-A-Thon-dag by Lekaho in Vaalwater gehou.

Dit was die ideale geleentheid, ook vir gesinne, om aan buitemuurse aktiwiteite soos perdry, fietsry en ’n pretloop deel te neem.

Die items is opgestel uit individuele- en spandeelnames. Die deelnemers kon aan die 5 km-drafroete, 10 km-fietsry of 15 km-perdry deelneem.

Daar was ook ’n pretloop vir skoolleerders wat deur Owen Buermann gewen is. Almal wat aan die pretloop deelgeneem het, het ’n koeldrank met roomys in gekry.

Die wenners van die ander items het onder meer “zipline”-kaartjies gewen, asook ’n naweek by ’n natuurreservaat. Christie Verster het die fietsry gewen en Lambert van der Westhuizen die draf-item. Die individuele perdry is deur Kayla Scheepers van Alma gewen.

Die span wat eerste geëndig het, is Jansen Pretorius (hardloop), Ben Baber (fietsry) en Marisha Benade (perdry).

Related Articles

Back to top button